SPRAAK EN DRAMA (AFRIKAANS)

ALGEMENE RIGLYNE

  • Deelnemers mag slegs vir twee (2) items per sub-sessie inskryf. 
  • ‘n Inskrywingsvorm moet vir elke item ingevul word en moet telkens met die korrekte inskrywingsfooi vergesel word.
  • Onderwysers mag enige hoeveelheid leerders per sessie inskryf. 
  • Die gebruik van Suid-Afrikaanse werk word sterk aanbeveel. 
  • Onderwysers/Leerlinge/Ouers mag hul eie werke skryf, maar dit moet voldoen aan die algemene reëls van die verskeie genres.
  • Deelnemers mag nie die voorgeskrewe tyd oorskry nie. 
  • KOSTUUMS OF SKOOL UNIFORM?  Deelnemers mag in skool uniform optree, maar dit is ook belangrik dat onderwysers en ouers moet oplet na die tipe gedig asook die inhoud van die gedig.   Indien die INHOUD van die gedig van so ‘n aard is dat kostuums ‘n meer dramatiese en betroubare vertolking van die gedig sal bewerkstellig en/of sal bydra tot ‘n beter en meer logiese algemene uitvoering, dan word kostuums sterk aanbeveel.  Die INHOUD van die gedig sal in hierdie verband die bepalende faktor wees.
  • Die sluitingsdatum vir alle inskrywings is 24 JUNIE 2019.
  • BAIE BELANGRIK:  Ons versoek onderwysers en ouers om nie die beoordelaars en gehoor te verveel deur dieselfde gedig vir u leerlinge aan te leer nie.   Dit is ongelooflik frustrerend om na 10 of 20 deelnemers te sit en luister wat dieselfde gedig voordra.  U ontvang hierdie sillabus maande voor die tyd.  U het dus meer as genoeg tyd om te sien dat u leerders elk ‘n unieke gedig kry wat by die karakter/persoonlikheid van die leerder pas.  Enige gedig pas beslis nie by enige mens nie.  MOET ASSEBLIEF NIE ‘N GRAAD 12 GEDIG VIR ‘N GRAAD 7 LEERDER GEE NIE.  BEOORDELAARS HET GROOT PROBLEME MET DIT.  PASOP DAT DIE BEOORDELAAR NIE DALK DIE DIGTER IS NIE!!!!

LET OP:   Daar word nie van onderwysers/deelnemers verwag om die gedigte tesame met die inskrywingsvorm in te dien nie.   Onderwysers moet slegs verseker dat die inskrywingsvorm korrek voltooi is, maar die gedig kan die dag van optrede by die sekretaresse ingehandig word. 

TEN SLOTTE

Ek hoor jaarliks by Kunsfeeste dieselfde vraag oor en oor.  Die vraag word veral onder ouers gevra en dit is duidelik dat daar nie regtig duidelikheid hieroor vanaf onderwysers gegee word nie.  Die vraag oor die verskille tussen POËSIE en PROSA.

Daar is heelwat elemente wat digkuns van prosa onderskei.  Digwerk beskik oor n aantal kenmerke wat duidelik van prosa verskil naamlik:

1. Idees en begrippe word baie bondiger uitgedruk in n gedig.  Beeldspraak en poëtiese vergelykings word deur die digter gebruik.

2. Met digwerk word die woordorde dikwels verander (dus ook die sinsbou) sonder om die betekenis te benadeel, en bereik so n sekere stemming in die digwerk.

3. Verder word digkuns hoofsaaklik in verse geskryf, genoem sy struktuur, komposisie of bou.

4. Meeste digvorme maak gebruik van rymklank (taalverwringing moet vermy word) terwyl prosa dit juis probeer vermy. Klankherhaling vorm ook n belangrike boumiddel.

Soorte rym

Slagrym, paarrym, omarmende rym, binnerym, dubbelrym, glydende rym, gekruiste rym en selfs rymverdoeseling is alles effekte wat die digter aanwend wat nie in prosa voorkom nie.

Verder kan digwerk epiese (oftewel verhalend) singende of dramatiese elemente inhou. Prosa kan wel verhalend wees, maar meer dikwels beskrywend, en in mindere mate dramaties.  Dan praat ons nog nie van die tipes strofes in n gedig nie. Ons kry digiston (tweerëelige strofe), tersine (drie reëls), kwatryn (vier reëls) die minder gebruiklike vyf en ses reëls, die stansa (agt reëls) Dan is daar nog sonette, odes, kwatryne ens.

Prosa is ‘n vorm van taal wat gebruik maak van gewone sinsbou en natuurlike vloei van Spraak eerder as ritmiese strukture soos bv. tradisionele poesie.  Prosa bevoordeel die meer informele metriese struktuur van verse wat omtrent altyd in tradisionele digkuns gevind kan word.  Geigte bevat normaalweg ‘n metrum en/of rymskema.  Prosa, daarteenoor, bestaan uit volledige grammatikale sintaksis, wat paragrawe tot gevolg het en estetiese aantreklikheid laat vaar.  Sommige prosawerke bevat tekens van metriese struktuur of versbou en ‘n doelbewuste vermeninging van di etwee vorme staan bekend as prosagedig. Die seining heers dat vers meer sistematies of formulegebonde is, terwyl prosa meer verteenwoordigend is van gewone Spraak.  ALLES WAT NIE PROSA IS NIE IS VERS, EN ALLES WAT NIE VERS IS NIE IS PROSA.

Ek vertrou dat bogenoemde beknopte opsomming baie meer duidelikheid vir u sal gee.

SESSIE:  M

M1  ONGEDRAMATISEERDE POËSIE / EIE KEUSE

M2  GEDRAMATISEERDE POËSIE / EIE KEUSE

• ʼn Gedig word gedramatiseer met gemotiveerde bewegings, gebare en verhoogbeplanning. 

• Bewegings mag egter nie die gesproke woord oorheers nie.  

• Rostrums en/of stoele toelaatbaar – geen rekwisiete.

M3  ONGEDRAMATISEERDE PROSA / EIE KEUSE

  • Gekose gedeelte uit letterkundige werk.
  • Aanbeveel dat dialoog en beskrywende of verhalende dele ‘n sinvolle eenheid vorm.
  • Geen dramatisering, slegs stem en gelaatspel (sit of staan).

 M4  GEDRAMATISEERDE PROSA / EIE KEUSE

  • ʼn Afgeronde gedeelte uit ʼn prosawerk word gedramatiseer met funksionele bewegings. 
  •  Behalwe vir rostrums en/of stoele, geen rekwisiete.

M5  IMPROVISASIE / KARAKTERUITBEELDING

  • ʼn Dramatiese vertolking deur een (1) persoon waar deur middel van woord, gebaar, beweging en gesigspel twee (2) of meer karakters uitbeeld. 
  • ʼn Samehangende gedeelte uit ʼn toneelstuk of ʼn verwerking uit ’n prosawerk kan gebruik word. Slegs dialoog toelaatbaar.

M6  MONOLOOG (DRAMATIES / KONFLIKDIALOOG / KOMIES) / ALLEENSPRAAK   / EIE KEUSE

  • Een (1) karakter speel teenoor ʼn denkbeeldige karakter(s) en die stuk kan humoristies of dramaties van aard wees.  
  • Slegs een (1) karakter word deurgaans uitgebeeld. 
  • Kostuums en rekwisiete is toelaatbaar.
  • Swart teaterdrag is toelaatbaar.

M7  DIALOOG (GEDRAMATISEERD OF ONGEDRAMATISEERD)  / EIE KEUSE

Twee of meer mense is in gesprek met mekaar

LEIDRADE VIR DIALOOG

  • Karakters moet aandag gee aan hoe die teks oorgedra word.
  • Let op na die frasering en intonasie van die woorde en sinne.
  • Maak gebruik van gesigspel om die inhoud van die teks te ondersteun.
  • Die tempo moet afgewissel word en die stemtoon moet by die inhoud pas.
  • Elke spreker moet ‘n gelykmatige spreekbeurt kry.
  • Kostuums en rekwisiete is toelaatbaar

M8  OPENBARE REDEVOERING

  • Eie keuse
  • Voorbereide onderwerp
  • Aantekenings puntsgewys op kaarte word wel aanvaar.
  • Kandidate word daaraan herinner dat hierdie ‘n toespraak is, en nie ‘n opstel uit die kop uit geleer nie.
  • Hierdie sessie is nie oop vir Grondslagfase leerlinge nie.

M9  MIMIEK

Hierdie sessie is nie oop vir Grondslagfase leerlinge nie.

M10

KONVENSIONELE (TRADISIONELE) SPREEKKOOR  / EIE KEUSE

  • Hierdie tipe vereis nie rekwisiete ens. nie.
  • Die grootte van die koor kan deur die afrigter/onderwysers bepaal word, maar mag nie minder as 10 en meer as 50 persone wees nie. 
  • Gedigte ens. moet gememoriseerd wees. 
  • ‘n Dirigent is nie nodig indien u seker is dat alle persone die voordrag baie goed ken nie.   Ons vind (gereeld) dat spreekkore wat komptetisies wen wel ‘n dirigent het.  ‘n Dirigent help leerlinge om te fokus.     
  • ‘n Dirigent moet AGTER die beoordelaars staan.  Hy/Sy mag op enige manier dirigeer solank hy/sy die spreekkoor lei tot ‘n effektiewe en suksesvolle vertoning. 
  • Die koor mag verdeel word in ligte, medium en donker stemme.
  • Solo stemme vir effek, kontras ens. word toegelaat.
  • ‘n Spreekkoor MAG ‘n werk in Afrikaans voordra en dan weer ‘n ander werk in Engels.  Aparte inskrywingsvorms moet hiervoor gebruik word. 
  • Geen voorgeskrewe werke nie.  Eie keuse
  • Slegs EEN Diploma sal toegeken word aan die groep.  Indien die afrigter/onderwyser vir elke kandidaat ‘n diploma wil gee, dan moet dit so aangeteken word op die inskrywingsvorm en ‘n addisionele fooi   per kandidaat moet betaal word.

M11

DINAMIESE SPREEKKOOR / EIE KEUSE

Hierdie tipe spreekkoor maak gebruik van kostuums. 

  • Musiek mag gebruik word.    
  • Sou u musiek wil gebruik, moet u asseblief die musiek op ‘n CD, DVD ens. skryf en aan die klankingenieur oorhandig.   
  • Die spreekkoor moet die uitvoering op die verhoog doen.   
  • Beligting mag gebruik word.
  • ‘n Minimum van 10 kandidate en ‘n maksimum van 50 kandidate word toegelaat vir hierdie sessie.
  • Slegs EEN Diploma sal toegeken word aan die groep.  Indien die afrigter/onderwyser vir elke kandidaat ‘n diploma wil gee, dan moet dit so aangeteken word op die inskrywingsvorm en ‘n fooi van    per kandidaat moet betaal word.

M12

OPE AFDELING

LET OP:  Hierdie afdeling is vanaf 2019 oop vir alle volwassenes.   Algemene riglyne vir M1 tot M12 is ook op hierdie afdeling van toepassing.